Showmax maak toe. Stromingsdiens Showmax het verlies gely en gaan einde April nie meer beskikbaar wees nie.

Showmax sien sy gat

Toe sien Showmax sy gat, en na wat verneem word, gaan Showmax net beskikbaar wees tot einde April 2026. Dit beteken natuurlik een minder plek om Afrikaanse reekse en flieks te stroom. Blykbaar gaan van die Showmax inhoud geskuif word na DSTV Stream. Ons sal seker maar nog moet wag en sien watter gaan bly en watter gaan gly en heeltemal onbeskikbaar wees wanneer Showmax van die internet af verdwyn soos ‘n poep wat wegwaai in die wind.

Een van my gunsteling Afrikaanse reekse ooit is Molly en Wors, en al het ek die reeks al ‘n paar kere gekyk, het ek dit gister weer begin kyk, voordat Showmax verdwyn. Die Visagie-familie se kaskenades bly vir my skreeusnaaks.

Daar was ‘n paar goeie programme op Showmax, maar vir my is die “Housewives…” werklikheidsreekse ‘n pot kak. Nie net dit nie. Ek dink nou daaraan dat vir my daar eintlik klomp kak op Showmax is. Miskien maak hulle toe omdat hulle Show-kak en nie Showmax nie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top