Kom ek noem dit maar ‘n windscreen con of ‘n scam of ‘n slenter. Ek was my karre self, ek diens hulle net nie self nie. Boek die kar in vir ‘n diens en toe kry ek mos later in die dag ‘n oproep.
Daar is ‘n chip in die windscreen en hulle kan dit fix vir R350, R357 daar rond. Toe wonder ek: Is daar nie dalk ‘n chip nie? OK, maar ek het die naweek die kar gewas, en die windscreen ook, baie aandag gegee aan die windscreen, want ek het tot ‘n middel gekoop spesiaal vir die vensters van voertuie. Ek sou die chip mos gesien het?
Nee wag, moet nie fix nie. Gaan toe na die dealership toe. Right ouens, wys my die chip in die windscreen.
Toe word dit ‘n lang storie. Want ek kry nie die chip op die windscreen nie. Hulle ook nie!
Nee sorry, hulle het die verkeerde persoon geskakel.
Kak man!
Soek maar rond op Hello Peter, sosiale media, Facebook ens. Dit is ‘n ding. Die “chip” op die “windscreen”. Lekker manier om kontant te kry vir geen werk gedoen nie.
Ek wonder hoeveel mense word ingedoen die windscreen con/scam/slenter/verneukspul?
Sal dit help om die dealership se naam hier te noem, te name en shame? Ek dink die beste is maar om wakker te wees en nie net sommer die telefoonoproep of SMS te glo nie want dit kan ‘n scam wees.
Ek het nie vir die dealership gesê ek gaan soontoe nie, net dadelik gegaan, want ek reken toe as hulle weet ek kom, wat keer hulle om gou die windscreen met ‘n spanner te tik sodat daar ‘n chip in is?
Op Hello Peter:
[Unhappy Customer] SCAM!! Windscreen Chip – 2 stars | Mercedes Benz Century City on Hellopeter.com
Facebook:
https://www.facebook.com/share/p/1GeCPxqRv5/
Changecars op TikTok (Kyk veral die een):
The Truth About Dealership Service Cons! 🚨 🚨 Are Dealerships Overcha… | TikTok

