Wat de fok!

Nuwe enjins vir Ford bakkies

Ek blaai die ander dag rustig deur Facebook toe sien ek ‘n advertensie vir nuwe enjins vir Ford bakkies. ‘n Special. Nie vir stokou bakkies soos ‘n 1980 Ford bakkie dalk nie, nee vir relatiewe nuwe Ford Ranger bakkies.

Is dit nou hoe dit deesdae met Ford gaan? Daar is nog Cortina bakkies wat loop, maar vir die Ford Ranger is nuwe enjins beskikbaar. Nie ‘n special vir ‘n diens of vir ‘n lugfilter nie, maar vir ‘n nuwe enjin.

Toyota-manne vat hulle bakkies na die karwas toe. Ford-manne boek hulle bakkies in vir ‘n nuwe enjin.

Die Land Rover-manne het honde, want dan hoef hulle nie alleen huis toe te loop nie. Die Ford-manne het die Uber app op hulle fone want dit gaan lank vat om ‘n nuwe enjin in te sit so hulle gaan lank sonder wiele sit.

Die Isuzu-manne wonder of die 1.9 liter enjin die karavaan see toe kan sleep, en die Ford-manne wonder wat kos vliegtuigkaartjies of buskaartjies vir die hele gesin want die Ford se enjin het gegaan.

Die Mahindra-manne aanvaar die dieselenjins rook maar so al is hulle nog nuut, en wanneer die Ford-manne rook sien, ja wel, daar gaan die Desember-bonus vir ‘n nuwe enjin.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top