Verlede jaar toe raak die sigarette mos skaars. Ek kry toe ‘n “vape” en “juice” in die hande op die nippertjie, net so voor die harde inperking want ek dink ek was die laaste om te hoor sigarette gaan verbode wees en die kafees was dolleeg gekoop.

Mooi, so fokken mooi, dag ek toe. ‘n Roker wat die inperking gaan begin met twee pakkies sigarette en ‘n flippen vape.

Die siggies gebruik ek spaarsamig en ek kry die vape aan die gang. ‘n Boksie met 2 batterye, ‘n laaier, en die boonste thingamajik waarin die juice gegooi moet word. Eers moet ek ‘n coil draai met ‘n stukkie draad wat ek in ‘n rolletjie ook gekoop het, en watte in die coil sit. Dis al wat die vape shop oor gehad het. Waddefok? Youtube help.

Ek kry die vape aan die stoom. Hoes.

Na ‘n ruk kom ek reg, reken ek.

Na ‘n week is ek gesout met die vape. Ek gebruik ook nie so baie van die juice soos wat ek gedink het ek gaan nie, maar dit is reg, eerder te veel juice as te min.

Deesdae vape ek.

Die tabakgeur juice is die slegste. Die vrugtegeure is tops vir my.

 

Kategorië: Blog

0 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.