Nee, Oom Jorrie, jy sê jy het opgehou rook, maar naweke trek jy dan lustig aan die gifpyltjies.

Die “ophou-roker”. Dit is nou die roker wat besig is om op te hou rook. Dit gaan gewoonlik met frustrasie gepaard.

Vat nou maar vir Doepie hier by die werk. Hy is ʼn ophou-roker. Ek dink hy doen dit in fases. Die fase waarin hy nou is, is die ophou koop fase. Hy het met die finansiële implikasies van rook begin en toe opgehou koop maar nog nie opgehou rook nie. Hy raak solank gewoond aan die ekstra geld wat hy gaan hê as hy eendag ophou rook deur solank ander manne se sillas te rook. As hy die dag wel ophou, sal hy nie verward wees oor die ekstra note in sy beursie nie.

Ander ophou-rokers probeer allerhande doepas. Nikotien-spuitjie in die mond, pleistertjie op die arm, kougom wat soos bokdrolle proe ensovoorts.

Nikotien is ʼn ander ding. Die ophou roker rook nog, maar hy raak erg gefrustreerd. Die frustrasie is seker maar omdat hy met sy alewige ge-ophouery minder nikotien kry, maar nie ophou nie, dus verslaaf bly en omdat sy vrou of haar man ook karring hy of sy moet ophou. Quit.

Aanhouer wen. Om op te rook, mens aanhou om op te gee. Jy moet quit. Die ophou-roker quit nie, hy of sy karring aan.

Kyk Meneer/Mevrou/Mejuffrou die Ophou-Roker, as wil ophou rook, hou op. As jy nie wil nie, koop jou eie twakkies en hou aan rook, maar los tog asseblief die ander om jou in vrede.

Kategorië: Blog

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.