Die Plaas

Kom kuier saam op my stukkie Paradys in die Hel van Afrika
Subscribe

About

No Gravatar

Bierpens.Co.Za het begin as ‘n bek gevegie. Toe loop dit oor tot ‘n Blog by Blogspot.Com. Van daar het dinge gegroei en Bierpens het ‘n Domain geword. Dit alles het in ‘n kort tydperk van ses maande gebeur en die domain staan nou op omtrent 100 000 trefslae ‘n maand.  Die domain staan ook sterk by Google en soek woorde doen baie goed.

Die sukses van die domain word op baie maniere gedeel met ander bloggers. Bydraes kan aan bierpens@forafrica.co.za ge-email word en sal onder die afdeling Onder Die Lapa verskyn. Mense kan ook by Kekkel aansluit en hulle eie blogs daar bevorder of lekker lees inskrywings maak. Almal wat comments op kekkel los word spoedig uitgenooi om bydraes te kom maak.

R18

Ou Bier bekyk die ding so … as jy oud genoeg is om Internet toegang te bekom en die site op te spoor is jy in ‘n Graad waar die dinge van die lewe in Sosiale Wetenskappe bespreek word…

As jy oud genoeg is om jy eie klere te kies om na ‘n live show aan te trek beter jy hierdie Blog lees, want die kanse is goed dat jy die site gekry het omdat jou Pa en Ma te bank is om jou te vertel waar Babbetjies vandaan kom …

So moenie skrik vir Bierpens se taal gebruik nie … dis op die man af en ‘n werklikheid … Bierpens al nie seksuele insinuasies maak wat jy nie teen die tyd al beleef het nie … anders ou jy nie hier gelees het nie …

Wys gerus jou Pa en Ma die site … Hulle sal dalk ‘n paar dinge wys word … dalk vaal hulle met hulle opvoeding in hulle drank afwesigheid … Maar Onthou hierdie is nie ‘n Tiener Site nie … Hier bespreek Pensie dinge op die man af wat verkeerd gaan in ons samelewing…

Geniet die Plaas en gebruik die suksesse om jou saak of Blog te bevorder. Ons almal doen.

Dik Dik Vellige en Moontlik Disleksiese Bierpens het ‘n ver pad gestap oor die Blog en meer vyande as vriende gemaak. Tog het ou pensie klaar weer ou toutjies loop en optel en is sommer vroeg getag deur White Night … Ingrid was ook hier draai gemaak en so paar gessigies wat pensie laas jaar misgekyk het.

Bierpens kuier op vier ander Blogs omdat hy soveel dinge het wat hom pla en almal nie daarna wil luister nie.

Bierpens se Loergaatjie

Dis hier waar alles begin het toe SSSB nog bestaan het. Vandag gebruik ou Pensie dit om te Blog van sy Cellphone af. Foto’s en ander dinge.

Bier en Nuwe Nuus

Nog ‘n Produk wat bygekom het nadat Bier sy siening oor gebeure in die nuus begin bespreek het en die gewildheid daarvan gelei het tot heuwige bandwydte gebrui op Die Plaas

Saam Bier Onder Die Lapa

Toe dinge te warm word nadat Bier baie dinge bespreek het en klein Jakkalsies gereeld Bierpens.Co.Za gehack het het ou Bier besluit is tyd om die Lapa te bou om mense weg van die Plaas Huis te onthaal. Hier kan mense saam praat oor dinge wat hulle pla.

Kekkel Op Die Plaas

Dit is ‘n multi gebruiker Blog waar enige iemand kan aansluit en hulle sê op ‘n beskaafde manier deel. Bierpens behou die reg om enige misbruikers te verban of comments te delete.

Alhoewel ou Bier nie altyd met alaml saam stem nie kan hy nie verantwoordlik wees vir mense se sienings op Kekkel nie. Vryheid van spraak geld totdat Bierpens anders besluit het.

  1. Geen Celeb bashing of blog beledigings sal toegelaat word nie.
  2. Geen vieslikke of walglikke foto’s sal gedudld word nie.
  3. Geen haat spraak nie.
  4. Geen kulturele veroordelings nie. (kry jou eie blog daarvoor)

Die reëls sal geweisig word en Bierpens behou die reg voor om enige post op Op Die Plaas en op Kekekl te verwyder wanneer hy so goed dink met of sonder rede.

bierpens@forafrica.co.za

- Bierpens

OfferForge