Sodwana Baai
In die tyds duur van ‘n asem teug gedurende ‘n braaivleis vuur gesprek mag dit blyk dat Sodwana en Kosi Baai ‘n klip gooi ver van mekaar is. In die verhouding tussen Johannesburg en Durban op die pad kaart is dit seker so, maar in werklikheid is dit amper twee ure se ry op ‘n teerpad gestrooi van beeste, mense en bokke.
Die skielikke verskyning van ‘n verwildede kind wat in sy haas om by sy moeder te kom nie dink of tred hou met die afstand teen oor tyd tussen hul self en ‘n voorsnellende vier trek voertuig nie mag dalk ‘n andersins prettige vakansie tot ‘n spoedige smart verhaal verander.
Indien jy in die area wil vertoef onthou dat Zululand geen tyd ken nie en hoe meer jou haas hoe minder hulle spoed, behalwe vir die informele vervoerdiens wat nie net uit veel doelige passesiers busse bestaan nie. Wees bedag dat daar orals sand pad aansluitings agter die yl gesaaide duin sand bossies skuil.
Die blote momentum wat nodig is om deur die sand te beur is genoeg om enige stop aksie by die aansluiting onmootnlik te maak. Sou ‘n voertuig wel stop by so aansluiting voor sy trek wielle die teerpad voel is sand grou die bestuurder se voorland, want die meeste inwoners van die gebiede kan nie viertrek voertuie bekostig nie. Dit word nou die verantwoordlikheid van die voertuie op teerpad om die voertuie wat aansluiting vind van die sand paadjies af ry voorang toe testaan.
As die eforie van verligting oor jou spoel sodra jy deur die dorp Mbazwane regs draai dan misgis jy jouself met die afstand van die kronkel pad rit wat steeds voor jou uitstrek. Die hekke wat toegang gee tot die Noordlikke gedeeltes van die Vleiland Park is steeds nie die einde van jou rit gewees nie. Eers as jy by die padstalletjies verby gaan en teen die sement beslane duin pad op draai is jou eind besteming in sig.
Hier moet jy deur die langdradige administrasie proses verduur voordat jy kan akkomodasie toe neuk. Wel dit is as jy nie buite die park wil bly nie. Tenminste het jy daar meer beheer oor jou kom en gaan as binne die hekke wat sekere tye sluit en dan weer ander tye oop maak. Buite die Park is ook so effe meer aktiwieteite as jy dit so kan noem. Die Spar en bottel stoor op Mbazwane maak darem so effe later toe.
Verder is dit die Duik Mekka van Suid Afrika en ook launch hier baie diep see hengel bote en mense is gereeld op soek na groot roof visse soos Marlyne en Seilvisse wat in die warm water van die Mosambiekse stroom baljaar. Strandritte per perd assook quad bikes tussen die duin woud is van die ander aktiwieteite, maar die see lewe is waar oor Sodwana gaan.
______________________________________
Kekkel
Op Kekkel kan enige iemand saam kom gesels en ons nooi jou dalk om jou eie bydraes by die multi gebruiker webjoernaal te kom maak. Jy moet net verseker wees dat jy ook nodig het om dikvellig te wees.
Gekkel
[inlinefeed rss_feed_url="http://kekkel.wordpress.com/feed/" displayfeedname=false displaydescriptions=true truncatetitle=false newwindow=true display=4]
Gekloek
[inlinefeed rss_feed_url="http://kekkel.wordpress.com/comments/feed/" displayfeedname=false displaydescriptions=true truncatetitle=false newwindow=true display=4]
Ingrid Skryf
[inlinefeed rss_feed_url="http://ingridventer.wordpress.com/feed/" displayfeedname=false displaydescriptions=true truncatetitle=false
newwindow=true display=3]
|
Vuurslag Skryf [inlinefeed rss_feed_url="http://vuurslag.wordpress.com/feed/" displayfeedname=false displaydescriptions=true truncatetitle=false |
Related posts:







November 16th, 2009 at 19:51
Ja, selfs vir my as jong Afrikaner-man is dit ‘n probleem om te sien hoe alles waarvoor my voorouers so hard gewerk het, en self met eie bloed voor betaal het, agteruit gaan.
Nietemin, dis my land. My land is mooi, en dankie dat jy dit net nog ‘n keer duidelik gemaak het dat ons dit moet sien en waardeer, ten spyte van Zuma en sy idiots se flaters.