Cape Vidal – iSimangaliso Vleiland Park
Toe Wipneus my tag in opvolg van Sammi verkoop jou area moes ek lank en diep grou om te besluit waar gaan ek begin. Ek is so te sê gebore Zululander en bly al omtrent solank as teerpaaie in die streek. Vir jare het ek saam en tussen die diversiteit van Kulture groot geword en so geleer om met die natuur na aan my hart te lewe.
So het ek die waarde van die storie vertellers gulde aangeleer en ook gepoog om deur stories my te vestig in die toerisme bedryf. Ek het groot respek ontwikkel vir mense wat kulture kan laat voortleef deur middel van stories en legendes.
Cape Vidal het ‘n unieke plekkie in die Boere en Engelse se Geskiedenis met groot stories in die Zulu geloof van elevasie in vlug en geeste wat heilige plekke beskerm. Die mengelmoes van gebeurlikhede het gelei dat die Kus gebied tussen Mphelani in die Suide en Kosi Baai in die noorde wêreld erfnis status verkry.Dit opsigself is ‘n euwel wat nuwe druk op die beeldskone kus gebied plaas.
Cape Vidal is geleë op die Ooskus van Afrika in ‘n Toerisme streek genoem “The Elepant Coast“. Die stukkie grond pad is so paar jaar terrug vervang met ‘n hoë spoed harde blad teerpad wat agter die Wêreld se hoogste Duin woud bedekte sand duine soos ‘n swart slang deur kronkel. Hier kan mens vier van die groot vyf aantref en was vir lank een van die min plekke waar mens die Wêreld so grootste land dier en grootste see soogdier van een plekkie op die duine kan beloer.
Cape Vidal self is ‘n pragtige strand gebied waar mens die grootste deel van die jaar in die baai kan snorkel of op die duine sit en kyk hoe baljaar die dolfyne in die branders. Vir my is die beste die feit dat daar bitter min menslikke impak op die stukkie beeldskone natuur is. Vir so ver soos die oog op en af kan kyk langs die strand is dit net natuur. Geen geboue of mens gemaakte strukture nie.
Met geen ander vermaak as ditwat jy jouself kan bied en natuur skoon nie is mens nood gedwonge onderwerp aan die groot leerskool van moeder natuur. Die enigste afleiding is haar majestieke beeldskoonheid en die diertjies en organismes wat die lewe op aarde aan die gang hou.
Ver van Rivier mondings en ander besoedelings is die water omtrent altyd kristal helder en Zululand het nie winter nie. In teendeel is dit die beter tyd om te kuier omdat die Anofulis Miskiet op verlof is en iemand het die gordyn tussen die ooskus en die hel toegetrek.
Mens moet ook ingedagte hou dat hierdie ‘n somer reënval streek is en dat mens gedurende die winter maande verseker is van pragtige sonskyn dae.
Net agter die duine van Cape Vidal is Hout Hut Akkomodasie geriewe en daar is ook ‘n pragtige kampeer terein. Mens hoef nie ‘n wekker saam te neem nie want die klaag liedere van die Boskraai sal jou dou voor dag uit die slaap lappe kry om ‘n koppie boere troos langs die see te geniet.
Hierdie is ook die kuslyn waar Suid Afrika se grootste Seilvis en Marlyne gevang word. Jaarliks besoek roofvis soos Dorado, Koning en Koninging Makriel die warm kus waters oor Desember en massiewe Konings visse word aan die einde van die wintervan die strand af gevang.
Renosters is seker die grootste trek pleister vir ‘n agter middag rit deur die Oostlikke duin gebied wat ook beter bekend staan as St. Lucia Vleiland gebied.
Natturlik is see skilpaaie van die oudste lewende diere wat die aarde nog bewandel en gedurende die somer maande kom die wyfies aan land en stoei deur die sand tot bo teen die voet van die duine waar hulle hulle eiers veilig diep onder die sand begrawe. Hierdie is “a life changing experience“- Min plekke in die wêreld kan jy sien watse marteling die natuur sal deur gaan terwille van oorleewing.
__________________________________
iSimangaliso
[inlinefeed rss_feed_url="http://isimangalisonews.wordpress.com/feed/" displayfeedname=false displaydescriptions=true truncatetitle=false
newwindow=true display=10]
_____________________________________________________________
Related posts:






November 7th, 2009 at 16:30
Bierpens die inskrywing en foto’s maak mens sommer lus om daar te gaan kuier. Jy is bevoorreg om tussen al die mooi te kan bly.
November 8th, 2009 at 09:21
So sonder die diep wonde wat net ‘n mens kan los …. wag ek werk aan Maandag sinne …