Josefat die Trotse Zulu #3
Soos hy die kraal nader probeer hy vir hom helpers bymekaar maak, maar die mense slaan nie meer erg ag op die raserige ou man nie. Soos hy die beeste na loop in die tak kraal in so trek die snot neus kleintjies die tak gevlegde bees hek agter die beeste toe. Die gemaal van die beeste trap die droog gebakte miskoeke stink vas in die dorre stof grond vas.
Die ou man beur teen die gedruis van laat mirrag stat geluide om hom op veiligheids vure te beroep, maar dis uit die ritme van daaglikse gebeure en sy geroep val op skarrelende tieners en jonge linge se dowe ore. So sleep Josefat maar self die dikker stompe by om die vuur hoog te stook. Hy waggel moeg om die vuur blik onder die boom op te tel en krap moeilik brand kole in die vuur blik in.
So sleep hy die vuurblik en twee stompe na die verkant van die kraal en maak hulle oor die kole herd staan. Spoedig sukkel; hy droog houtjies bymekaar en krap ook sommer ‘n paar sondroog miskoeke nader. Terwyl hy hulle moeisaam met skrefies oge op die herd pak kom vrou nommer twee agter hom staan. Die ou jaar se sukkel vat ook al aan haar lyf, maar sy is heelwat jonger as Josefat self. Ek sien jou my man … ai wena .. skrik Josefat hom terug uit die drrom wêreld van danse vlamme die werklikheid in …
wats fout my man … aikona ek sie die Ingwe daar by die ou water gat … ons water gat my man? … jare se saam wees hoor hy die verbasing in haar stem. Voor vaarder geeste wat boodskappe bring sal seker nou weer Sangoma bok kos vir uitleg van die storie skiet die volgende probleem sy gedagtes binne en klim saam die ander op sy skouers af en kry stewig die se sit saam nog paar ander reeds vergete. Die ouses vrou staar uit haar half dowe oge na die twee verliefdes.
Al was sy Josefat se eerste vrou en al is daar een na die wat nog jonk in die lyf is weet sy dat sy ware liefde by vrou nommer twee lê. Inkosikasie is moeilik … sy het by jou broer se weeskinf\d gehoor julle kry kuier gaste … jy weet sy hou nie van daai tagazi nie … Josefat wil protesteer want sy broer se weduwee is geen heks nie en sy vind ook geen erg aan sy beeste nie … hy weet want hy het al gevra, maar die kyk in haar oge is die van verlange na die lewe aan die anderkant van die berg… die lewe wat sy saam Josefat se broer gedeel het. Die ou man weet sy hunker terug na die groot huis met mens gemakte tuine en sagte beddegoed in die kamers.
Josefat weet ook nie wat sy voor weer hier kom leeg lê het nie, want sy broer ken van kmielies in die opgaar put wegbêre, hy sou beswaarlik vir haar sonder beeste en ‘n stewige stoor mielies gelos het. Hy wat Josefat is weet daar was ‘n slangmuishond tussen die hoeners maar sy broer se vrou praat nie oor die verlange nie. Jy moes Inkosikasie vertel het van jou planne … maar dis te laat. Die ou aia laat loop met haar masjien geweer lippe en kom staan hier reg langs hom dat hy beswaarlik in die donker neuwels van sy verbeelding kan weg sak.
Knetterend soos ‘n trop vink wywe wat nie tevrede is met hulle neste nie gaan die ou vrou tekere en Josefat keer vir sy ore so met sy een arm oor die kop maar dit help min, want woorde is nie stok hou wat mens kan weg keer nie. Woorde kom kleef in jou binneste vas soos parrasiete en suig jou emosies so droog soos ‘n droog loop van die water vore langs die rivier se bedding. So sukkel sukkel Josefat onder die woorde sambok uit en waggel na die vuurblik toe. Hy moet nog een vuur brand steek voor ou aand na nag word. Hy het nie tyd vir woorde oorlog nie.
Gelukkig sien sy tweede vrou sy verleentheid en roep die jong vrou nader. Sy is tog meer soos ‘n pleeg sorger vir die ou vrou en sy weet hoe om haar angste en aanvalle te herlei soos ‘n weerlig afleier. Soos die twee mekaar geselskap hou en so sukkel sukkel hut se kant toe staan het vrou twee ‘n beurt om haar man te ondersteun. Sy maak ‘n jongeling bymekaar om vkole in die vuurblik te kry en jaag nog twee leeg leêrs op om stompe om te sleep na die derde vuurherd toe aan die vêrkant van die kraal.
Related posts:


July 30th, 2010 at 09:18
Harry, sien jy nou hoekom is ou Josefat al so gedaan, daar het hy nou klaar twak met die baie vroue! Daarom het die witman (die wat die bokke kom skiet) net een vrou
en ou Josefat met die ‘vlieggies’ het baie probleme met die baie vroue. … Ek seg jou nou ou Josefat het nog voor hy dood is stok doof geword van die skeermeslem stem van die ou vrou. Of hoe dink jy??
En dan sit hy nog met ‘n hele spul lui kinners wat net mooi kol-kol wil help of iets doen nie, ek sê jou dis nou hulle wat se name “Karrefat”, “TeeVeefat”, “Allesfat” Jy sien hulle wou destyds al nie vir arme Josefat help werk vir hul kos nie. Die heel ou jongstetjies, “Mlemmafat”, en “Plasefat”, was die slimste van Josefat se ou kinnertjies, en het ook na die groot stede uitgewyk waar hulle toe later floreer het.
Pensie ek geniet die stories vreeslik , dit is regtig pragtig hoor. En jy skryf baie goed, ek terg maar net so bietjie oor Josefat.
veral die “fat” gedeelte
July 30th, 2010 at 09:21
Moet my nie skors nie, ek raai maar net hoe die storie verder gaan verloop, kannie wag vir die volgende stukkie nie.
July 30th, 2010 at 09:25
July 30th, 2010 at 13:49
Ek is bly Smurfie … so deur die bemoergeid deur sukkel ek maar om ‘n laggie raak te vat …
July 30th, 2010 at 17:08
Pensie, nou waaroor gaan die bemoerdgeite nou weer, nou die dag was ek vol bemoerdgeite , (nie dat dit heeltemal oor is nie) maar dit help om so bietjie stoom af te blaas nou en dan.
Jy moet net nie vir my bemoerd raak nie ek speel net so bietjie met Josefat. My man reken die slimste van Josefat se kinners was die een wat toe op die ou einde Ginikoloog geword het, die enetjie met die naam……… ?arrafat