Josefat – die trotse Zulu
Josefat het deur jare se goeie raad en daad beheer gekry oor menigte. Sy mense se grond het gestrek tussen twee riviere tot oor die berg teen die koning se grond vas. Volgens Josefat se mense was dit ‘n goeie ding, maar Josefat was bekommerd. Binne die diep donkertes van sy gemoed het iets hom gepla. Nie net het meer en meer kinders moes loop staats skool toe vir lees en skryf nie, maar al die sterk mans het reeds in die jare van sy voor ouers weg getrek myne toe vir werk en geld om die kinners by die skool te kan hou.
Of dit ‘n goeie of ‘n slegte ding is die weet Josefat nou nie, maar hy kry nie genoeg mense bymekaar om al die veld se beeste by te hou nie. Dit is klaar moeilik want die goverment het in sy groot groot oupa se dag al die wild by die veld kom dood skiet omdat dit die bees van die witman siek gemaak het. Ou Josefat verstaan nie hoekom die witman so geheg is aan sy lendelam beeste nie, want hy wat ‘n ou man van die veld is weet dat dit nie die wild is wat die witman se bees siekmaak nie, maar die vlieg.
Hy praat met die man wat kom by die veld, maar dis asof daai witman in die witjas half doof is. Hy groet Josefat altyd beleef en betaal hom om in die veld van sy mense rond te loop in sak meel en suiker, maar as Josefat van die vlieg begin praat draai die man net om en loop met sy bord en dun glasies en leer tas die veld in. Josefat se asem is min en hy kan nie praat en loop by dieselfde tyd nie, maar die jong witman wil nie wag om te hoor wat Josefat hom seg nie. Hoe meer Josefat vertel van die witman se koei wat vrek hoe vinniger stap die witman die veld in.
So kom die dag toe dat Josefat se klein seun met ‘n blink kar sonder osse, perde of muile op die grond van sy voorvaarders aan kom. Umkhulu … groet die seun beleef … en nog voor die tradisionele verwelkoming afgehandel is val die kind ook toe sommer met deur in die huis. Oupa die witman wil die grond by ons koop. Josefat is verstom. Die grond kan dan nie verkoop word nie verduidelik hy aan die kleinkind. Oupa hy sal koop hom vir net 99 jaar. Dan is die pampier van die witman in orde oupa. Ons stamp dit by die office van die magistrate.
Nou weet ou Josefat twee van die dinge wat wel ‘n probleem is wat hy nie kan weg praat nie. Hy het nie sterk jong manne om beeste by die veld te hou nie en dat die kleinseun wel kan aanspraak maak op deel van die grond van sy voorvaarders want dis die grond van sy voorvaarders net soveel as wat dit die grond van die voorvaarders van Josefat is, maar hy sal eers moer indaba. Dit kan paar mane se draai vat, want hoe gaan hy nou woord by almal kry wat moet kom indaba. Hy sal die dogter van sy broer moet stuur om hulle te gaan soek en bymekaar maak. Sy was nog nooit uit die stat uit gewees nie.
Dit het amper ses sonsakke se dae geneem om uit te vind hoe die kind daar gaan kom en wat dit sou kos. Josefat het bietjie geldjies in ‘n kassie in die hoek van die hut wegesittoe gewikkel in ou meel sakkies vir so ‘n dag, maar hy weet nie of die genoeg sal wees om die taak te verig nie. So gaan sit hy in die hoek van die hut op sy hurke en wikkel die lappe om die blink en pampier geld los. Josefat het geen erg aan die pampier geld nie, maar is al meer as een keer aan hom ge verduidelik dat dit meer werd is as die mooi blink van die harde geld.
So vou hy hulle oop en sit hulle, in die straaltjie son wat by die hut inloer, soort by soort. Hy draai dit styf toe in ‘n lyfband want die sal hy nou vir die jongeling moet gee om mee die reis te begin. Hoever sy sal kan reis met die en hoe lank sy sal weg wees het hy nou nie voor somme nie, maar hy dink die maan sal twee keer vol wees voor sy terug is. So sit Josefat en dink aan die preek wat hy die jongeling moet gee om haar vir die onbekende reis voor te bery, maar hy weet al sy kennis is te min om haar toe terus vir die groot en belangrikke taak.
Die ding verg nog meer dinkwerk. want ruil transaksies is Josefat goed mee, maar hy verstaan nie die ding van tel en geld so mooi nie. Hy dink toe so … as hy nou dink aan hoeveel geld die grond voor moet pa staan dan is dit in beeste se getalle. Josefat weet dat as ‘n man vrou vat is dit elf beeste en hy weet hy moet vier beeste verkoop elke keer as sy eie dogter moet terug skool toe by die groot stad vir verder leer. Josefat verstaan van die leer storie, maar hy wonder steeds hoe lank dit aanhou, want die kind van hom moes nou al klaar wees met skool, maar dit wil nie klaar raak nie.
Nou dink Josefat dat die grote van die stuk grond met beeste bewei kan vyf kinders by die skool hou tot anderkant hulle moes al getrou het tyd. Vier beeste vierkeer by een jaar vir 15 jaar vir vyf kinders. So hy sal moet vrae vir die geld dieselfde as vir die hoeveelheid beeste. Maar nou wonder hy wat hy met al die se geld gaan maak en wie gaan al die geld oppas as hy wat ou Josefat is nou nie meer daar is nie. Eish dink Josefat die is nou meer en meer van ‘n probleem. Hoe gaan hy nou tyd kry om al die probleme voor antwoorde te kry, want hy moet self by die veld loop by die dag en die beeste terug kry by die doring kamp by die aand.
Ek sien jou my oom …hoor hy die kind se soet jong stem agter hom praat … ek sien jou dogter van broer … antwoord Josefat terug. oom het my laat kom … breek sy die lang stilte verleë. Sy weet van kleintyd sy moet die oumense van die stat respekteer, maar sy weet ook dat hulle moet gehelp word om te leer dat die son nie wag nie en met die mense wat elke dag minder word soos hulle agter hulle kinders aantrek of die kinders weg trek vir ‘n beter lewe, word die werk elke dag meer en kan mens nie meer staan en wag vir die gras om te groei nie.
Ek het groot en belangrikke werk vir jou dogter van my broer …dit lê swaar op Josefat se gemoed. Hy moet een van die uithaler jonges wat bydrae lewer tot die voortbestaan van die gemeendskap vir ‘n onbepaalde tyd weg stuur en hy weet nie wie gaan haar pligte kan oorneem nie. wat is dit my oom … oom weet tog ek sal amper enige iets vir my oom doen … amper enige iets … wat praat jy nou dogter van my broer … hy gigel so binne homself, want hy weet die skaam kind sal deur vuur loop vir hom. my oom weet ek sal die bees agter die berg gaan haal as hy daar verdwaal … ek weet dogter van broer … ek weet … maar hierdie is ‘n groter opdrag … hierdie is ‘n belangrikke versoek en jy sal eers twee keer daar oor moet slaap …
So staar die twee mekaar aan en hy kan die onsekerheid in die jong maagd se gesig sien opwel. Soos die water van die rivier wat teen die ou opdrifsels van die vorige reën vas druk en ‘n dam aan die opkant vorm. So sien die ou man die jong vrou se gemoed vol loop … tot dit soos die water die wal van opdrifsels breek en alles mee sleur die afdraande af… my oom jy praat met my bang maak woorde … ek sien jou woorde en lees jou gesig … my oom jy is self bang van die grootheid van die taak wat jy my wil gee.
Dit bevestig die ou man se vermoede. Die kind se mense kennis gaan sy nodig kry om die taak te verig. Sy is die regte persoon vir die taak … maar eers moet hulle ‘n mini indaba hou en hy moet haar ma ook inlig … sy oorlede broer se vrou is nie ‘n maklikke mens nie, maar hy weet hy het die troefkaart … hy weet hy sal haar arm kan draai om in te stem dat haar oudste dogter die taak sal aanvaar … jy, dogter van my broer, en jou ma die weduwee van my broer moet kom more se aand en ons gaan pap deel saam vleis wat ek gister van die bok in die strik gesny het … dis reg so my oom … ek sal my ma bring en ons kan praat en eet terwyl ons luister na die grootheid van die probleem …
Related posts:


July 27th, 2010 at 19:40
Eish. Die tipe van waarheid is ongenaakbaar. Sonde van die vaders.