RICCA Crash –
As mense my glo dat die poorte van ongeregtheid opgelê is en die duiwel met al sy onderdane my gereeld besoek nie sal hulle ook nie glo dat Malema se Eva se foon nommer deur Vodacom aan my verskaf is nie. Dit is vir my net so moeilik om te verwerk as vir die Malema Eva, maar wie se skuld is dit … die nommer is gericca en dis nou in my foon.
Die dêng hy werk so Eva’tjie … as jy die nommer by P.E.P Botique ga kop dan wil hulle jou ID hê. Nou so ek wys hom my ID da by die botique en hulle soek my ESKOM Liksens ok om fone te mag hê. Sos ek die man van die krediet bureau verduidelik ek het hom nie die EVa se fone gevat nie. Ek lop kop vi my ‘n starter pack by die P.E.P Botique … en supply al my pampiere. … ek aktivate my starter pack sos die Eva van Malema my by die boutique ga-tune het … nou ek hom kry die sms .. jy lees daai sms dat die my new number for my old fone is.
Right ek gooi airtime en move … wiele is rond en buffels lê wyd … ek het mos die kontrak van da fone by Vodacom se kerrie lip se boude opga druk … hulle steel mos my geld. Nou begin ek te bel … ek fone home soos ET dit nooit sou kon doen nie. Ek gooi afsprake en maak buffels bymekaar. Ek looi daai R100.00 recharge voucher rooi warm … maar hy wil nie kla raak nie.
as ek nou intik … dan tune die message my jou airtime is full fone pel fone … maar Malema word nou omgesukkel met my, want hy reken hy het sy girl geld gestuur op die nommer en ek moet dit nou refund … hoe moes hy nou weet Vodacom het my met die nommer ge-issue … Ek trek my skouers op en slat die dails … daar is airtime om te brand en ek ga my R100.00 opgebruik voor iemand my number confiscate …
Ma daar is een moerige Malema wat my al met die poelista dryg dat ek moet daai fone en kaart vir sy Eva terug besorg want dis nie myne nie … seg hy …
Related posts:


July 20th, 2010 at 21:12
Klink my ma skelmstreek wat nigerians doen. Pasop..
July 21st, 2010 at 00:45
Dit is nie onmoontlik nie, maar die with draw smsse van die bank kom nog steeds deur … en al die skuld eisers bel vir geld …. maar saak nie maak nie … ek weet nie hoeveel daar tot die airtime by gedra was nie … hulle moet dit met Vodacom gaan uitbaklei … regtig … Julius Malema het gesorg vir ‘n wig tussen my hart en my verstand wat Mandela se brug erg skade berokken het …
July 21st, 2010 at 08:50
As daar banksake by betrokke is kan voda jou opneuk. Jy beter die ding gaan uitklaar voordat jy die skuld moet betaal.
July 21st, 2010 at 13:11
Harry … hoe gaan ek in die moeilikheid kom … ek het nie die nommer op ‘n lys gekies nie … die nommer kom na die nuwe betaal soos jy bel se sms inbox toe … wat het dit met my saligheid te make …
July 22nd, 2010 at 07:29
ja. Maar nou bel jy op meer band as waarvoor jy betaal het. Voda gaan hulle buffels kom soek.
July 22nd, 2010 at 08:01
Harry is my nommer … hulle het hom vir my gegee … dis nie kontrak nie … ek het R100.00 gelaai en weg gebel … as ander man se buffels tussen myne beland het is ek jammer … not my problem … maar ek vind dat nog iemand anders claim dat ‘n ander nuwe cell nommer ook Vodacom sy pel sin is … wit mense die keer … nee wat Vodacom se sondes gaan alles uitkom … watch this space ….