Gouewawielwebspinnekop
Drie spesies in Suid Afrika. Hulle kan van toon tot toon 80 mm lank word en die Wyfie is die groot ene. Shame die arme eggenote is ongeveer 1000 keer ligter in gewig as die Gedierte. (party keer voel ek soveel ligter as Mev Bier in ‘n argument) Die genus is Nephillia en nie ‘n probleem vir mense nie, behalwe dat hulle draderige spinnerakke lastig is vir tuiniers.
Gewoonlik ‘n Bosveld bewoner wat spin hoog in die boom toppe en mens kan maar net wens vir ene naby you vrugte bome om die lastige steek vliege weg te hou. My dame het tussen die Lemoen en Mango boom huis uit gepak … wonder hoe inheems is dit? Duidelik het niemand die natuur leer lees nie.
Hulle bou ‘n vlegsel van drade tot meter groot en drie vlakke diep. Nuwe bewyse van entrapment gevind in die natuur, my oorlede groot vader het altyd geseg daar is niks nuut onder die son nie en altyd bygevoeg die bewyse van sy wysheid lê opgeskrewe in die Groot Boek van Skepping. (of hy nou die bybel of die natuur bedoel het was altyd ‘n grys area) Vir een of ander onverklaar bare rede kon hy die Bybel Versie vir Versie aanhaal … ek het altyd gedog hy is lees gestrem…???
Any way daar is 27 van die gediertes in die genus familie Nephila en kom omtrent reg oor die Wêreld se beboste areas voor. Klere makers het al van die genus probeer gevangene hou om te gebruik in die klere industrie, maar het dit slegs reg gekry om een rok uit ‘n duisend spinnekoppe se sy te verwerk. Die rok is op uitstalling elders innie Wêreld.
Gif is nie soos giftig nie en los gewoonlik blasies of rooi byt plekkie maar verdwyn in 24 uur. Alergiese reaksie is al bespeur by Asma leiers en in argere gevalle is resparatoriese probleme ondervind. Gif is neurotoksies soos met die Swart Weduwee.
Eet hulle regtig die Voëltjies wat verstrengel raak in hulle koekerige taai drade?
Nog intresante Skakels:
Related posts:



May 8th, 2010 at 12:25
Ja. Maar gewoonlik laat hang hulle die voeltjie sodat sy inhoud liquidify. Daai spider op die foto is besig om die voeltjie toe te spin.
May 8th, 2010 at 12:49
ek het so gedink … want al hulle kos word eers toegespin …
May 8th, 2010 at 20:05
Vertel dit vir Australie se “Baffled scientists” he he he. Die mense kan nie vir huke self dink nie. Die genus Arachnida (Agt geleed potiges) se mandibels is nie nie aangepas om vleis te vreet nie.
May 8th, 2010 at 23:43
Nou ja toe… gin wonder outback grappies het skape in gemeen nie …