Josefat die Trotse Zulu #3
Soos hy die kraal nader probeer hy vir hom helpers bymekaar maak, maar die mense slaan nie meer erg ag op die raserige ou man nie. Soos hy die beeste na loop in die tak kraal in so trek die snot neus kleintjies die tak gevlegde bees hek agter die beeste toe. Die gemaal van die beeste trap die droog gebakte miskoeke stink vas in die dorre stof grond vas.
Die ou man beur teen die gedruis van laat mirrag stat geluide om hom op veiligheids vure te beroep, maar dis uit die ritme van daaglikse gebeure en sy geroep val op skarrelende tieners en jonge linge se dowe ore. So sleep Josefat maar self die dikker stompe by om die vuur hoog te stook. Hy waggel moeg om die vuur blik onder die boom op te tel en krap moeilik brand kole in die vuur blik in.
So sleep hy die vuurblik en twee stompe na die verkant van die kraal en maak hulle oor die kole herd staan. Spoedig sukkel; hy droog houtjies bymekaar en krap ook sommer ‘n paar sondroog miskoeke nader. Terwyl hy hulle moeisaam met skrefies oge op die herd pak kom vrou nommer twee agter hom staan. Die ou jaar se sukkel vat ook al aan haar lyf, maar sy is heelwat jonger as Josefat self. Ek sien jou my man … ai wena .. skrik Josefat hom terug uit die drrom wêreld van danse vlamme die werklikheid in …


