Archive for the ‘geloof’
Die regsgeldigheid van die ou Testament
So word ou Pensie toe aangevat oor my halwe argument op Om Te Probeer Verstaan. Dis nou nie dat dikkes dink hy kan die laaste 1700 se geloofs evolusie herskryf nie. Dit is net dat baie van die nuwe geloofs ervarngs wat die mense beleef teen strydig met die ou Testament is. So is dit vir my nodig om tog daar oor te skryf dat ek die worstel met my self kan verstaan.
Of ek nou uit Wikipedia uit aanhaal of die Strongs Concordance scan die antwoorde gaan dieselfde bly. Ek gebruik wat ek vind om stellings te staaf. Of mens nou begin om die Bybelse verwarings tussen 1933 en 1983 ontrafel of Die skepping en Christus met mekaar vegelyk bly dieselfde debat en mens gaan dieselfde antwoorde kry.
Nuwe vertaling is Grieks
Die Nuwe Testament was van kleins af vir my Grieks en dit was nie tot ek verstaan het wat die spreek woord beteken nie dat ek tot ware insigte gekom het.
Constantine also transformed the ancient Greek colony of ByzantiumConstantinople, which would remain the capital of the Eastern Roman Empire for over one thousand years. into a new imperial residence,
Wat vir my ook scary is is die feit dat hy onder die grootste Christen slagter ooit geskoolwas.
Constantine received a formal education at Diocletian’s court, where he learned Latin literature, Greek, and philosophy.[40] The cultural environment in Nicomedia was open, fluid and socially mobile, and Constantine could mix with intellectuals both pagan and Christian. He may have attended the lectures of Lactantius, a Christian scholar of Latin in the city.[41] Because Diocletian did not completely trust Constantius—none of the Tetrarchs fully trusted their colleagues—Constantine was held as something of a hostage, a tool to ensure Constantius’ best behaviour.
Die Rol van die Afrika Vrou
ek het op ‘n keer gespot oor die man wat dink hy is in beheer van die Afrika huis maar sy vele vrou dikteer vir hom ander. Ek gaan probeer om daai skrywe te laat herleef, maar weet nie of ek dit met dieselfde humor gaan reg kry nie.
Die ding van vroue op landerye laat werk stel hulle bloot aan multilevel marketing Ubuntu style. So het dan gebeur dat die vroue op die landerye gewerk het of water aan gedrae het of langs die rivier klei bymekaar maak vir potte. So kon hulle dalk in groepies sit en werk met mandjies weef of mielies maal. Wat ook al die geval hulle het gesit en besluite maak en gunsies uitruil.
Daar besluit hulle wie watse voordeel gaan trek en watter roete gevolg gaan word om sekere doele te bereik. So begin die probleme en so gaan meer as een vrou terug na een man toe wat onder die boom sit en drink of van een of ander of na een of ander Indaba op pad is of terug keer. By die huis gekom kan die man kies by watter vrou hy die aand spandeer, maar sy k@k is geboek. Wie ook al die aand aan sy oor kou maak nie saak nie die storie in al die hutte gaan dieselfde ritme hê.
Afrikaanse Christen – Waar pas ons in
Ons verseg om enige plek in te pas waar ons geloof nie seëvier nie. Dit is goed en wel en ons het onder die nuwe Grondwet die reg tot geloof vryheid, maar maak dit ons nie te rigied om nie ander vir hulle reg tot selfbeskikking te gee nie. Is die meeste van ons aanvaarding probleme met die nuwe nie ras gedrewe Suid-Afrika juis ons verseg om te aanvaar dat ons nie meer die enigste geloof is nie.
Kom ons wees eerlik. Min van ons weet dat die meeste swart stamme glo in een Skepper. Dat die Zion geloof onder die swart stamme wel ‘n Christen geloof is wat gebou is om Afrika kulture te akkomodeer en dat die meeste van hulle rituele gebaseer is op gesondheid (ek sal die woord higiëne nie in konteks gebruik nie). Dalk nie verstaanbaar vir ons nie, maar dis waar. Ons kan nie gesondheidsorg aan al die mense verskaf nie, maar ons wil hulle verkleineer omdat hulle die enigste sorg wat hulle kan bekostig, nie verstaan nie.
Noodweer of Hardloop??
Wie het al daai droom gehad dat jy vasgevang in jou bed lê en maak nie saak wat jy doen nie jy kan die dreigende gevaar nie ontsnap nie. Jy spartel en sweet om wakker te word in die hoop dis net ‘n droom, maar die realiteit van die gebeurlikhede laat jou angsbevange glo dit is besig om met jou te gebeur.
Wel vir baie mense is dit ‘n harde werklikheid en hulle omstandig hede laat hulle nie toe om met die dringendheid wat dit verg te kan optree nie. Sulke mense se noodweer begin met dae en weke se vooruit beplanning. So loop ons almal met vrese in ons binneste rond oor Julius Malema se oproep om blanke mense te vermoor. Ek BIEG in hoofletters ek is een van hulle (al kan ek opspring en hardloop).
Pagan – Geloof of Kultus …??
So sloer Pensie gereeld by die geloof kwessies. Die ding dat mense gou verwyte gooi maar nie weet waar Dawid die Wortels gegrawe het nie. Voor die geboorte van Christus was ons almal Pagan’s as ons van Europese afkoms is. Deur dit te ontken ontken ons die bestaan van die ou Testament. Die realiteite is werklikheid en benodig die nodig insig.
Die ding van mens wees verstaan is om te verstaan waar jy vandaan kom dan kan jy die toekoms beplan en verstaan. As ons erkenning aan die Tien gebooie gee dan by implikasie gee ons gewig aan die Pagan geloof en rituele. So moet ons ook verstaan dat baie van ons Christelike gebruike oorgedra is uit daai era en as ons die bestaan van so ‘n geloof ontken moet ons die gebruike wortel en tak uit ons huidige geloof uit roei.

