Breyten Breytenbach – Wie?
Vir my heel interessant hoe mense wat hulle lewe in ander lande sluit veel te sê het oor ons Afrikaner se taal en kultuur. Ek is verstom oor hoe min kennis ek regtig oor my taal en kultuur het. Hier verdedig ek my sommer teen oom Breyten se aanslag op swak Afrikaans sprekende mense. Toe moes ek hoor selfs nie eers die ANC het hom vertrou nie.
Hy het sy lewe in Kaapstad begin in Bonnievale, Western Cape en was reeds in Frankryk teen 1960. Hier oortree hy een of meer van sy Moederland wette en keer terug Suid-Afrika toe in 1975 en word gearresteer toe die ANC hom verraai het. Hy was in die tronk op aanklag van Hoog verraad tot 1982 toe die regering swig onder buitelandse druk en hom vrylaat. Aldus die Groot Boek van Wysheid.






