Die Plaas

Kom kuier saam op my stukkie Paradys in die Hel van Afrika
Subscribe

Archive for the ‘Hengel’

Ou Oom en die Seekoei

March 23, 2010 By: Bierpens Category: Hengel Comments Off

No Gravatar

Pensie het nie groot geword met baie viessie nie. Ek was een van daai mense wat sommer maklik tunnel vission gekry het en my oorlede oupatjie moes altyd tot my reding kom met insig. Ek hoor op vandag se skool banke leer die kinders van vêrsiende. Ek dog dis brille wat my kind nodig het, maar ek moes toe verstaan dit beteken toekoms vissie wat eintlik maar net op beplanning en insig neer kom.

Any way oorlede oupatjie het my gereeld onder sy vlerk geneem om saam met hom te gaan visvang. Dit is op die uit stappies wat ou Pensie geleer het om in die toekoms in te kyk en vir gebeurlikhede te beplan. Danksy oupatjie het ek vele dinge oorleef en vandag hier om die storie te kan vertel.

(more…)

OfferForge

Vlieër Hengel – Vergange Sport

March 21, 2010 By: Bierpens Category: Hengel 2 Comments →

No Gravatar

Nou sit Pensie so en dink aan Smurfi se kite’s. Dan wonder ek of praat sy van mense wat vlieg so hoog soos kites of praat sy van ‘n hengel tegniek wat meer krag en stamiena nodig het as ‘n Kragman kompetiesie. Ek besluit toe maar om oor die Vlieër Hengelaars te skryf. Ek het nie veel ervaring op die gebied nie, maar het tog baie tyd met my oorlede oupatjie en oumatjie op die strande van die Noordkus deur gebring in my groot word jare.

Vir die spectators is dit nou seker nie die sport van keuse nie. Vir die assistente is daar beslis ‘n oorvloed van aktiwiteite, wel soos ek dit onthou, want ek moes oupatjie bystaan in alles wat gebeur. Die dag wordl lank en warm bo op die duine en die heeldag lank word wind rigtings gemonitor en vlieërs dop gehou.

(more…)