Mamon bediening
In die afwesigheid van middel maand buffels en tonne lee vragte beloftes moet ek die pad kaart vol in my endeavor om genoeg bymekaar te maak om my familie te voed en vriende in nood te help. My siel moet ek verkoop vir ‘n almoes belofte, maar my weerstand los my bakhand leeg.
So sal mens in die sweet van jou aangesig Mamon dienaar wees, want brood het niks met mens se reg tot voortbestaan te doen nie. Hoe belas ons verlosser ons met afgod aan bidding. Was die straf so swaar .. was die sonde so groot. In ‘n paar venynige woorde beslaan hy Adam na geslagte met ‘n lot te groot … uit die sweet van jou aangesig … ek vra namens my voor vader onvoorwaardlik verskoning en bid vir vergifnis … ek sal my brood verdien …
Hoe het Mamon die oorhand gekry in ‘n straf wat slegs kos van dag tot dag belas het. Is Mamon die nuwe verloser wat toorn oor die skepping en wie is die Priesters en wie is die dienaars … want dien dien ek met my volle wese, maar tekorte bring vernedering oor my uitsprake want ‘n ander se las plaas leemtes op my spys tafel.

