Die Plaas

Kom kuier saam op my stukkie Paradys in die Hel van Afrika
Subscribe

Archive for the ‘Plekke’

Sodwana Baai

November 15, 2009 By: Bierpens Category: Plekke 1 Comment →

No Gravatar

Duik geleenthede

In die tyds duur van ‘n asem teug gedurende ‘n braaivleis vuur gesprek mag dit blyk dat Sodwana en Kosi Baai ‘n klip gooi ver van mekaar is. In die verhouding tussen Johannesburg en Durban op die pad kaart is dit seker so, maar in werklikheid is dit amper twee ure se ry op ‘n teerpad gestrooi van beeste, mense en bokke.

Die skielikke verskyning van ‘n verwildede kind wat in sy haas om by sy moeder te kom nie dink of tred hou met die afstand teen oor tyd tussen hul self en ‘n voorsnellende vier trek voertuig nie mag dalk ‘n andersins prettige vakansie tot ‘n spoedige smart verhaal verander.

(more…)

OfferForge

Kosi Baai – iSimangaliso Vleiland Gebied

November 09, 2009 By: Bierpens Category: Plekke Comments Off

No Gravatar

Die rut Kosi Baai toe is een van verwagtig en hartseer. Verwagting om die natuurskoon te beleef en die siel te was. Een van hartseer as mens die armmoede sien en later beleef. Die mense van die deel van Zululand is trotse bestaans boere wat streng volgens eeu oue tradiesies lewe.  In Augustus van 1988 het die kwZulu Regering wat toe soort van as ‘n tuisland met sy eie Poelisie mag gereeg het die gebied rondom Kosi Baai verklaar as ‘n natuur reservaat.

Kosi Baai Vis Krale

(more…)

Cape Vidal – iSimangaliso Vleiland Park

November 05, 2009 By: Bierpens Category: Plekke 2 Comments →

No Gravatar

Toe Wipneus my tag in opvolg van Sammi  verkoop jou area moes ek lank en diep grou om te besluit waar gaan ek begin. Ek is so te sê gebore Zululander en bly al omtrent solank as teerpaaie in die streek. Vir jare het ek saam en tussen die diversiteit van Kulture groot geword en so geleer om met die natuur na aan my hart te lewe.

So het ek die waarde van die storie vertellers gulde aangeleer en ook gepoog om deur stories my te vestig in die toerisme bedryf. Ek het groot respek ontwikkel vir mense wat kulture kan laat voortleef deur middel van stories en legendes.

Cape Vidal het ‘n unieke plekkie in die Boere en Engelse se Geskiedenis met groot stories in die Zulu geloof van elevasie in vlug en geeste wat heilige plekke beskerm. Die mengelmoes van gebeurlikhede het gelei dat die Kus gebied tussen Mphelani in die Suide en Kosi Baai in die noorde wêreld erfnis status verkry.Dit opsigself is ‘n euwel wat nuwe druk op die beeldskone kus gebied plaas.

(more…)