Archive for the ‘Bierpens’
August 14, 2010
By: Bierpens
Category: Loergaaitjie
Comments Off
Ek loop gevaar om komin te klink. Plaas is on hold. Laptop staan en cell kan nie p word reset nie. Probleem word aangespreek.
August 10, 2010
By: Bierpens
Category: Loergaaitjie
Comments Off

Ek weet die opskrif verwys na die same voeging van liefde, maar as ‘n crash ‘n crash is dan colide twee dinge … soos ‘n plaas trekker en ‘n M5 BMW. Wel nou nie dat ek ‘n M5 BMW wil besit nie. Niks teen die juppies wat hom kan bekostig nie, maar as ek petrol brand soek ek die krag op die teerpad nie verwerk deur ‘n torque converter nie. Ag nee ek is al weer van die topic af …
(more…)
August 10, 2010
By: Bierpens
Category: Loergaaitjie
Comments Off

Kyk ou dikkes weet van luigatgeit … dis nie ‘n siekte maar het wel die simptome van … die ding staan so… as mens elke dag met negatiewe dinge begroet word dan is mens naderhand nie meer lus om op te staan nie, want as jy jou kop by die komberse uitsteek dan moer die wêreld jou met realiteite teen die kop. Dis soos Chinese torture en is aanhoudend en hou nie op nie.
(more…)
August 10, 2010
By: Bierpens
Category: Nuwe Nuus
2 Comments →

Lag wekkend … dat ‘n Dik Dik Veliige en moontlik Disleksiese idioot soos ek nou die ding kon sien kom. Vir amper 28 maande sit en kotz ek oor vryheid van spraak. Smeek ek die magtige media om nie my reg te misbruik nie. Om verantwoordlik te wees met verslag gewing. Nou dat hulle die kalf half dood gedonner het het en in die put in gebliksem het nou moet jan publiek pa staan vir al die kak wat hulle kwyt geraak het. Kry vir julle … NASPERS en al die ander half gebakte verslag gewers wat dog hulle besit Demokrasie … wat nou een oog Maas … Yollie op Patrollie …
(more…)
August 09, 2010
By: Bierpens
Category: Nuwe Nuus
Comments Off

Ek is totaal teen kinder molestering en sex oor die algemeen oor sex tussen of met minderjariges … maar die saak vang my oog om verskeie redes …
“Then if she is honest, I will leave it and cause no problems 4 her once u have dropped all charges, which I would prefer 2 do as it will have a serious impact on her future,” the SMS read.” (lees Verder)
(more…)
August 09, 2010
By: Bierpens
Category: Loergaaitjie
1 Comment →

Vandag wou ek my vrou afgruwelik bederf … Breakfast in bed is nou nie juis baie innovative nie … so dit moes iets wees wat haar vir lang tyd by sal bly. Genoeg buffels om middag ete in die Eifeltoring te gaan eet is ook nou ‘n probleem, want met al die Bovine TB in die streek vrek Buffels vinniger as wat mens hulle kans slag. Eintlik word die buffels uit gesit en karkasse vebrand omtrent net soos ‘n honderd rand nood wat die CPI teen net 4.2 moet veg … Ek wonder steeds wie werk daai brood mandjie uit maar nou ja …
(more…)
August 07, 2010
By: Bierpens
Category: Loergaaitjie
1 Comment →

Ek kry die email n my inbox.
Dis ‘n vrye mark stelsel en mens het seker die reg om te perbeer scam, maar dan moet die scam meer realisties as die wees. Soos die “FNB” email wat ek kry aan Bierpens… Dear Sir we have a SARS refund for you … Eish … ek moet seker eers ‘n regs persoon wees voor ek ‘n belasting nommer mag kry en dan moet ek seker eers belasting betaal voor ek ‘n refund kan kry. Die goed raak al beter as Readers Digest … Please reply No not to recieve your free give … or else we open an account for you and sue your pants off you ….
(more…)
August 07, 2010
By: Bierpens
Category: Loergaaitjie
1 Comment →

Ek skryf en tik en blog en gaan mal … een oggend toe ek opstaan toe is my koffie koud, my bank rekkening leeg … MEV Pens goed befok vir my en ek sien toe ek het twee honger kinders ook. Die gras staan vensterbank hoogte en die honde is vol kar olie. Ek besef toe dat die raliteit van die lewe gebeur nie in die kuber ruimte nie en in afwesigheid van balans lei mens se geliefdes erg daar onder. Die eerste wat ek aanpak is my parra dam. Ek het nie geweet ‘n swembad pomp is nodig om HTH te laat werk nie.
(more…)
July 29, 2010
By: Bierpens
Category: Loergaaitjie
5 Comments →

Soos hy die kraal nader probeer hy vir hom helpers bymekaar maak, maar die mense slaan nie meer erg ag op die raserige ou man nie. Soos hy die beeste na loop in die tak kraal in so trek die snot neus kleintjies die tak gevlegde bees hek agter die beeste toe. Die gemaal van die beeste trap die droog gebakte miskoeke stink vas in die dorre stof grond vas.
Die ou man beur teen die gedruis van laat mirrag stat geluide om hom op veiligheids vure te beroep, maar dis uit die ritme van daaglikse gebeure en sy geroep val op skarrelende tieners en jonge linge se dowe ore. So sleep Josefat maar self die dikker stompe by om die vuur hoog te stook. Hy waggel moeg om die vuur blik onder die boom op te tel en krap moeilik brand kole in die vuur blik in.
So sleep hy die vuurblik en twee stompe na die verkant van die kraal en maak hulle oor die kole herd staan. Spoedig sukkel; hy droog houtjies bymekaar en krap ook sommer ‘n paar sondroog miskoeke nader. Terwyl hy hulle moeisaam met skrefies oge op die herd pak kom vrou nommer twee agter hom staan. Die ou jaar se sukkel vat ook al aan haar lyf, maar sy is heelwat jonger as Josefat self. Ek sien jou my man … ai wena .. skrik Josefat hom terug uit die drrom wêreld van danse vlamme die werklikheid in …
(more…)
July 27, 2010
By: Bierpens
Category: Loergaaitjie
7 Comments →

Die son van die volgende dag bring warm gloed van verligting oor Josefat sou ou gebuigde bene. As hy maar nog net met ‘n spring in sy stap kan loop sal hy beter kan kyk agter die beeste by die veld, maar hy kan nie meer so flink en vêr loop nie so kan hy ook nie die beeste mee bring tot by goeie gras nie. So trap en eet hulle die gras stomp op die grond af en met die reën wat elke jaar minder word en verder van mekaar kom moet hy die grote van die troppie gereeld kleiner maak of hy sien hoe die beendere onder hulle velle groei tot knoppe.
(more…)