Die Plaas

Kom kuier saam op my stukkie Paradys in die Hel van Afrika
Subscribe

Archive for the ‘Debatte’

Die Rol van die Afrika Vrou

May 02, 2010 By: Bierpens Category: Debatte, Ubutu ontleed, geloof, geskiedenis Comments Off

No Gravatar

ek het op ‘n keer gespot oor die man wat dink hy is in beheer van die Afrika huis maar sy vele vrou dikteer vir hom ander. Ek gaan probeer om daai skrywe te laat herleef, maar weet nie of ek dit met dieselfde humor gaan reg kry nie.

Die ding van vroue op landerye laat werk stel hulle bloot aan multilevel marketing Ubuntu style. So het dan gebeur dat die vroue op die landerye gewerk het of water aan gedrae het of langs die rivier klei bymekaar maak vir potte. So kon hulle dalk in groepies sit en werk met mandjies weef of mielies maal. Wat ook al die geval hulle het gesit en besluite maak en gunsies uitruil.

Daar besluit hulle wie watse voordeel gaan trek en watter roete gevolg gaan word om sekere doele te bereik. So begin die probleme en so gaan meer as een vrou terug na een man toe wat onder die boom sit en drink of van een of ander of na een of ander Indaba op pad is of terug keer. By die huis gekom kan die man kies by watter vrou hy die aand spandeer, maar sy k@k is geboek. Wie ook al die aand aan sy oor kou maak nie saak nie die storie in al die hutte gaan dieselfde ritme hê.

(more…)

OfferForge

‘n Proef-projekkie:

May 01, 2010 By: Johan Meyer Category: Debatte Comments Off

No Gravatar

Wel, as julle nou werklik linkse idees soek, kan ek maar lewer. Ons plase sukkel mos.

Iets soos die ATKV, maar op ‘n kleiner skaal, waar mense in byvoorbeeld ‘n buurt kompos maak en ‘n bietjie geld na ‘n plaas stuur. Na tien jaar van lidmaatskap kry ‘n individu die reg om ‘n jaar (of vyf) lank te boer, moontlik met steun van die eienaar, veral i.t.v. gebruik van brandstof, toerusting en ervaring van die eienaar. (Ek wil ook op my ou dag gaan boer!) So ‘n vereniging sal meer mense kans gee om te boer, en sou in beginsel almal wie wil boer die geleentheid gee (as so ‘n ding van stapel gestuur kon word sou dit baie belangrik wees dat ‘n uitnodiging tot lidmaatskap aan Malema uitgereik word – laat die Sandton man ‘n bietjie werk), en terselfdertyd die boerderye laat kapitaal aankoop. Mens sou verkies dat die bestuur verdeel word in administrasie (demokraties vir alle lede, moontlik met aanpassings vir ervaring) en beplanning (oorwegend deur die met ervaring, alhoewel met geleenthede vir minder ervare lede). Arbeid so ook skenkbaar wees, en so sou armer lede ook kon bydra.

Westerse Kultuur

May 01, 2010 By: Bierpens Category: Debatte, geskiedenis Comments Off

No Gravatar

Western culture is the set of literary, scientific, political, artistic and philosophical principles which set it apart from other civilizations. Much of this set of traditions and knowledge is collected in the Western canon. [1]

The term has come to apply to countries whose history is strongly marked by European immigration or settlement, such as the Americas, and Australasia, and is not restricted to Western Europe. Central Europe is also regarded as an original constituent of Western culture.[2][3]

(more…)

Democracy and Consensus in African Traditional Politics

April 29, 2010 By: Bierpens Category: Debatte, Loergaaitjie 98 Comments →

No Gravatar
Kwasi Wiredu

Wiredu discusses the use of the consensus principle for political theory and practice in Africa. The consensus principle used to be widespread in African politics, and Wiredu elaborates on the example of the traditional political system of the Ashantis in Ghana as a possible guideline for a recommendable path for African politics. For empirical data, he draws from historical material published by British anthropologists (Evans-Pritchard & Fortes et al.) and Ghanaian intellectuals (Busia et al.). According to Wiredu, a non-party system based on consensus as a central principle of political organisation in Africa could avoid the evident problems of both the one-party system and the multi-party system imposed by the West.

‘n Gesiglose by name Johan Meyer bars by die deure in en verduidelik dat daar wel denkers en redeneerders in Afrika is. Ek stem saam met hom en die feit dat dit belangrik is om hulle na vore te bring en te bewys dat ons moet kennis neem van die mense om te kan verstaan hoekom Afrika politiek vir ons vreemd is, maar ek moet bydrae dat hoe meer ek die goete lees hoe minder vind ek fout met die Verwoerd beleid. Ek kan baie sê, bewys en huil oor die toepasing daarvan. Tog het Westerse Regstelsels dinge wat gewerk het kom deur mekaar krap.

(more…)

Afrikaanse Christen – Waar pas ons in

April 29, 2010 By: Bierpens Category: Debatte, geloof Comments Off

No Gravatar

Ons verseg om enige plek in te pas waar ons geloof nie seëvier nie. Dit is goed en wel en ons het onder die nuwe Grondwet die reg tot geloof vryheid, maar maak dit ons nie te rigied om nie ander vir hulle reg tot selfbeskikking te gee nie. Is die meeste van ons aanvaarding probleme met die nuwe nie ras gedrewe Suid-Afrika juis ons verseg om te aanvaar dat ons nie meer die enigste geloof is nie.

Kom ons wees eerlik. Min van ons weet dat die meeste swart stamme glo in een Skepper. Dat die Zion geloof onder die swart stamme wel ‘n Christen geloof is wat gebou is om Afrika kulture te akkomodeer en dat die meeste van hulle rituele gebaseer is op gesondheid (ek sal die woord higiëne nie in konteks gebruik nie). Dalk nie verstaanbaar vir ons nie, maar dis waar. Ons kan nie gesondheidsorg aan al die mense verskaf nie, maar ons wil hulle verkleineer omdat hulle die enigste sorg wat hulle kan bekostig, nie verstaan nie.

(more…)

Dood Straf Ja/Nee

April 29, 2010 By: Bierpens Category: Debatte, Nuwe Nuus 7 Comments →

No Gravatar

Dis nou al ‘n stryd wat ou Pensie van die begin af stoei met die Suid Afrikaanse publiek. Dit is seker ‘n kortpad na sukses, maar een van die dae is 2010 verby dan begin ons stoei gevegte met 2012. Die ANC is uitgedien en mense soek nuwe drome en luister na nuwe beloftes. Julius Malema en sy soort Politikusse is ‘n werklikheid.

As ons dink ons moet skrik vir sy liedjies is ek bevrees ons sit die pot mis. Kom ons skrik die man, want hy speel duidelik nie die bal nie. As ons doodstraf in ons grondwet wil vasskryf moet daar bepalings aan die grondwet verander word. Nie een van julle sit en dop hou hoeveel wette elke dag verander word nie.

(more…)

Korrupsie – Oos Wes Tuis Bes

April 02, 2010 By: Bierpens Category: Debatte Comments Off

No Gravatar

Smurfi maak baie belangrike kommentaar oor Westerse reg tot die woord vooruitgang. By implikasie beteken dit dat Afrika kulture nie vooruitgang kan bewerk stellig nie. So moes Pensie toe weer die sleutel bord op die tafel rond ruk en die stoel skop dat hy daar trek. Westerse Ideologieë is deur spek met bewyse wat oorsake was dat Afrika gefaal het.

In Afrika kultuur is daar nie leuens en korrupsie nie. Ek wil my verstout en te sê dis afwesig in die Oos blok lande ook, maar sal maar sit en wag tot iemand my kom oorlaai met bewyse daarvan. Die ding van Westerse kultuur is wat ou Pensie nou so lank hier op Die Plaas aanval. Christen wees en leuens. Geld en Korrupsie. Mag en vergelding. Hel selfs stakings is ‘n westerse uitvindsel en so ook geld. Ja geld is in Frankryk ontdek en dit was ook die eerste piramide skema wat Frankryk vir jare in bankrotskap gedompel het.

(more…)