Die Rol van die Afrika Vrou
ek het op ‘n keer gespot oor die man wat dink hy is in beheer van die Afrika huis maar sy vele vrou dikteer vir hom ander. Ek gaan probeer om daai skrywe te laat herleef, maar weet nie of ek dit met dieselfde humor gaan reg kry nie.
Die ding van vroue op landerye laat werk stel hulle bloot aan multilevel marketing Ubuntu style. So het dan gebeur dat die vroue op die landerye gewerk het of water aan gedrae het of langs die rivier klei bymekaar maak vir potte. So kon hulle dalk in groepies sit en werk met mandjies weef of mielies maal. Wat ook al die geval hulle het gesit en besluite maak en gunsies uitruil.
Daar besluit hulle wie watse voordeel gaan trek en watter roete gevolg gaan word om sekere doele te bereik. So begin die probleme en so gaan meer as een vrou terug na een man toe wat onder die boom sit en drink of van een of ander of na een of ander Indaba op pad is of terug keer. By die huis gekom kan die man kies by watter vrou hy die aand spandeer, maar sy k@k is geboek. Wie ook al die aand aan sy oor kou maak nie saak nie die storie in al die hutte gaan dieselfde ritme hê.

