Die Plaas

Kom kuier saam op my stukkie Paradys in die Hel van Afrika
Subscribe

Archive for the ‘Pensie’

Pensie Leon en die Spietkop

April 27, 2010 By: Bierpens Category: Pensie 3 Comments →

No Gravatar

Pensie was as kind nogals altyd anti sosiaal en het so ‘n werk as trekker drywer/toergids gekry by een van die Groot Tyd Deel ontwikkelinge. My kennis van die area en natuur was ook baie gebrekkig en daar was ook nie groot liefde vir Natuur bewaarders nie, maar my grootste misnoeë het gekom toe ek vind dat die plaaslike blonde kop bom in my finale jare van skool se pa ‘n spietkop is/was(Die oom is seker nou al afgetree).

So moes ek langnaweke en skool vakansies mense langs die strand opneem en hulle wys en vertel watter pragtige plekkie die kus gebied is. (die raak ook spoedig verlede tyd) So het die oord bestuurder ‘n sleep wa gebou wat by die 20 mense kon vat en agter ‘n 4×4 Same’ trekker gehak om mense op strand langs trips te neem tot by die eerste rotse. Hier kon hulle afklim en vertoef terwyl pensie die volgende vrag gaan laai of sommer saam hulle op die rotse rond strompel en van mossels, krewe en seekatte vertel.

(more…)

OfferForge