Noodweer of Hardloop??
Wie het al daai droom gehad dat jy vasgevang in jou bed lê en maak nie saak wat jy doen nie jy kan die dreigende gevaar nie ontsnap nie. Jy spartel en sweet om wakker te word in die hoop dis net ‘n droom, maar die realiteit van die gebeurlikhede laat jou angsbevange glo dit is besig om met jou te gebeur.
Wel vir baie mense is dit ‘n harde werklikheid en hulle omstandig hede laat hulle nie toe om met die dringendheid wat dit verg te kan optree nie. Sulke mense se noodweer begin met dae en weke se vooruit beplanning. So loop ons almal met vrese in ons binneste rond oor Julius Malema se oproep om blanke mense te vermoor. Ek BIEG in hoofletters ek is een van hulle (al kan ek opspring en hardloop).

