Die Plaas

Kom kuier saam op my stukkie Paradys in die Hel van Afrika
Subscribe

Josefat die Trotse Zulu #3

July 29, 2010 By: Bierpens Category: Loergaaitjie

No Gravatar

Soos hy die kraal nader probeer hy vir hom helpers bymekaar maak, maar die mense slaan nie meer erg ag op die raserige ou man nie. Soos hy die beeste na loop in die tak kraal in so trek die snot neus kleintjies die tak gevlegde bees hek agter die beeste toe. Die gemaal van die beeste trap die droog gebakte miskoeke stink vas in die dorre stof grond vas.

Die ou man beur teen die gedruis van laat mirrag stat geluide om hom op veiligheids vure te beroep, maar dis uit die ritme van daaglikse gebeure en sy geroep val op skarrelende tieners en jonge linge se dowe ore. So sleep Josefat maar self die dikker stompe by om die vuur hoog te stook. Hy waggel moeg om die vuur blik onder die boom op te tel en krap moeilik brand kole in die vuur blik in.

So sleep hy die vuurblik en twee stompe na die verkant van die kraal en maak hulle oor die kole herd staan. Spoedig sukkel; hy droog houtjies bymekaar en krap ook sommer ‘n paar sondroog miskoeke nader. Terwyl hy hulle moeisaam met skrefies oge op die herd pak kom vrou nommer twee agter hom staan. Die ou jaar se sukkel vat ook al aan haar lyf, maar sy is heelwat jonger as Josefat self. Ek sien jou my man … ai wena .. skrik Josefat hom terug uit die drrom wêreld van danse vlamme die werklikheid in …

Read the rest of this entry →

My oge seer gekyk

July 27, 2010 By: Bierpens Category: Loergaaitjie

No Gravatar
Nou so sit ek die inbox op my bank foon al vir ses dae en stukkuend kyk. Ek kan die inbox al blind folded kry op die V360. So vrrr hy nou nou onverwags hier langs my … en glo dit vry … the eagle has landed and the buffalo’s delivered. Die bank staan propvol en die vrou se oge skitter weer. Tog is dit far and in between. Wat het gebeur dat die buffels so maer geword het. Wat my maandelikse budget was stop die week net ‘n paar ou maand gate toe. Daai is nie fair nie.
 

Read the rest of this entry →

Josefat – Die trotse Zulu #2

July 27, 2010 By: Bierpens Category: Loergaaitjie

No Gravatar
Die son van die volgende dag bring warm gloed van verligting oor Josefat sou ou gebuigde bene. As hy maar nog net met ‘n spring in sy stap kan loop sal hy beter kan kyk agter die beeste by die veld, maar hy kan nie meer so flink en vêr loop nie so kan hy ook nie die beeste mee bring tot by goeie gras nie. So trap en eet hulle die gras stomp op die grond af en met die reën wat elke jaar minder word en verder van mekaar kom moet hy die grote van die troppie gereeld kleiner maak of hy sien hoe die beendere onder hulle velle groei tot knoppe.
 

Read the rest of this entry →

Josefat – die trotse Zulu

July 27, 2010 By: Bierpens Category: Loergaaitjie

No Gravatar
Josefat het deur jare se goeie raad en daad beheer gekry oor menigte. Sy mense se grond het gestrek tussen twee riviere tot oor die berg teen die koning se grond vas. Volgens Josefat se mense was dit ‘n goeie ding, maar Josefat was bekommerd. Binne die diep donkertes van sy gemoed het iets hom gepla. Nie net het meer en meer kinders moes loop staats skool toe vir lees en skryf nie, maar al die sterk mans het reeds in die jare van sy voor ouers weg getrek myne toe vir werk en geld om die kinners by die skool te kan hou.
 

Read the rest of this entry →

Ons kla te maklik

July 26, 2010 By: Bierpens Category: Uncategorized

No Gravatar

Kla ons te maklik oor die goeie ou dae. Die foto is elders geneem as mens net ‘n blik oor die ding gooi.

As ons kyk hoe dit elders gaan kla ons dalk nie te maklik oor die goeie ou Suid Afrika nie …

Kritiek stuit die vloei van gedagtes

July 22, 2010 By: Bierpens Category: Disleksikaans

No Gravatar

Soos ek sit en siek kinders deur agter stallige werk stoei vind ek dat Afrikaans eintlik ‘n lekker gebruiks taal is. Ek vind wat is die Afrikaanse woord vir Brain Storm, maar snaaks genoeg die woord is ouderdoms gebonde of is dit … mens van alle ouderdomme speel tog sokker … of dalk niein Suid Afrika nie … ek meen speel ons regtig sokker as mens na Zapiro se spot prent oor 2010 Xenephobia dan wonder ek of sokker wel in Suid Afrika gespeel word.

So sit en wonder ek nou oor kritiek. Ek is geleer dat alle kritiek goeie kritiek is, maar die skool handboeke voel anders oor die woordjie. Na die oudste my verduidelik het soos deur Juffrou aan hulle verduidelik is vind ek waarheid in gedagte. Hoe kan mens denkers sif van doeners as mens nie idees Brein Speel nie.

Read the rest of this entry →

Pers Vryheid en Vryheid van Spraak

July 22, 2010 By: Bierpens Category: Blik op die Toekoms

No Gravatar

Die ding kom nou al ‘n lang pad en die Media het mos tekere gegaan of hulle verhewe is bokant ons mere mortals. Links en regs pers vryheid toegepas en tekere gegaan. Ek luister kraanig na ECR, maar die laaste tyd val my ore op ‘n tyd gleuf van ‘n Radio Boelie en ek vermy die stasie nou soos Tongelos.

Tog gaan die inskrywing nie oor swak Suid Afrikaanse gewoontes van skinder en boelie nie, maar oor die reg om te praat as iets jou pla. So het mense tekere gegaan oor die privaatheid van Politiekuste, mense wat nog nie veroordeel is nie en mense wat verhoor afwagtend is. Slagspreke het die Media se buffel troppe laat groei en dit was ‘n blossem tydperk vir die pers …

But is is payback time … te veel te lank het die skaal nou laat tip. Justice is having their own back en nou beweeg ons in die donker gange van ‘n Xenophobiese demokrasie in en vryheid van spraak word nou willens en wettens gemuilband. Kom osn blameer die ANC Regering, Julius Malema en self Rob McAap … maar eintlik is dit ons eie skuld …

Read the rest of this entry →

Die omvang van E-Mail

July 21, 2010 By: Bierpens Category: Uncategorized

No Gravatar

Dit klink belaglik ek weet, maar ek moet deur omtrent 1600 emails per maand sif. Moenie dat ek nou dom klink nie dis wat oor is na my spam filters die meeste klomp tjol geslag het, die is net die restante wat oorbly en dt is meer as 90% spam, maar dis die belangrikke spam.

Van daai spam genereer my ou skoot stoot haar self. Dit was altyd minder toe ek Vodacom 3G gebruik het, maar of lately was die emails oor my sex lewe aan my self heelwat meer. Ek het die laaste maand meer tyd aan cookies was en tempory files delte spandeer as te vore. So kom ons kyk of die terug keer na Vodohell minder strain op my mail management gaan laai.

Tog moet ek die gevreesde Makro management toepas en baie van die emails wat kon gewaai het word deel van my daaglikse back-up prosedure wat weer ‘n ander deel van vader tyd se kosbare ure brand. Dit alles in ag geneem moet ek dan nog opvolg werk doen op die een of ses emails wat wel iets vir my besigheid kon beteken het.

Read the rest of this entry →

RICCA Crash –

July 20, 2010 By: Bierpens Category: Uncategorized

No Gravatar

As mense my glo dat die poorte van ongeregtheid opgelê is en die duiwel met al sy onderdane my gereeld besoek nie sal hulle ook nie glo dat Malema se Eva se foon nommer deur Vodacom aan my verskaf is nie. Dit is vir my net so moeilik om te verwerk as vir die Malema Eva, maar wie se skuld is dit … die nommer is gericca en dis nou in my foon.

Die dêng hy werk so Eva’tjie … as jy die nommer by P.E.P Botique ga kop dan wil hulle jou ID hê. Nou so ek wys hom my ID da by die botique en hulle soek my ESKOM Liksens ok om fone te mag hê. Sos ek die man van die krediet bureau verduidelik ek het hom nie die EVa se fone gevat nie. Ek lop kop vi my ‘n starter pack by die P.E.P Botique … en supply al my pampiere. … ek aktivate my starter pack sos die Eva van Malema my by die boutique ga-tune het … nou ek hom kry die sms .. jy lees daai sms dat die my new number for my old fone is.

Right ek gooi airtime en move … wiele is rond en buffels lê wyd … ek het mos die kontrak van da fone by Vodacom se kerrie lip se boude opga druk … hulle steel mos my geld. Nou begin ek te bel … ek fone home soos ET dit nooit sou kon doen nie. Ek gooi afsprake en maak buffels bymekaar. Ek looi daai R100.00 recharge voucher rooi warm … maar hy wil nie kla raak nie.

Read the rest of this entry →

ADSL vs Vodacom

July 20, 2010 By: Bierpens Category: Uncategorized

No Gravatar

So luister ek na wat almal my vertel en ek is nog nooit voorstander van ADSL nie. Op die 3 Gig deal wat ek met die kliënt gemaak het is ek minder op die net as ek ooit met 1 Gig Vodacom was. Vodacom is ook twee keer viniger as budget ADSL.

Nou hoe kan mens werk vir geld as jy ‘n budget het. Ek het moeilik genoeg my tyd opgedeel tussen Die Plaas en my buffel stropery. So ek is terug by Vodacom al kos dit my ‘n customer. Ek het nou regtig nie tyd om te stoei oor kinder kak nie.

Read the rest of this entry →